- Bereshit / Genesis 6:9-11:32
- Yeshayahu / Jesaja 54:1-55:5
- Mattityahu / Matthéüs 24:36-46
Bereshit {6:11} Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld. {6:12} Toe sien God die aarde aan, en—dit was verdorwe, want alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe. {6:13} En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.
Ek het slegs ‘n kort skrifgedeelte uit die Noag-oordenking (Parasha Noach) aangehaal, maar as julle verder gelees het tot by vers 6:21, val iets baie interessant ‘n mens op. In hierdie verse beveel God (HaShem) Noag om ‘n ark te bou en verstrek Hy die presiese voorskrifte vir die konstruksie daarvan. Noag word wel meegedeel dat God die aarde gaan verdelg, maar nêrens in hierdie verse word hy gesê hoedat God dit sou doen nie. Selfs deur God se voorskrifte aan hom, sou Noag geen benul gehad het van wat ‘n boot was of waarvoor dit gebruik sou word nie. Die konsep van dryfvermoë, stabiliteit en belading sou vir hom van geen betekenis gewees het nie omdat hy geheel-en-al ‘n binnelander was. Daarbenewens, sou die blote begrip van rëen, wat ‘n vloed veroorsaak, net so vreemd vir hom gewees het. Noag het nietemin die ark begin bou, sonder om tweemaal te dink.
Bereshit {6:22} En Noag het dit gedoen. Net soos God hom beveel het, so het hy gedoen.
Is dit dus geen wonder nie dat die outeur van die boek Hebrëers (Ivrim) Noag prys vir sy geloof?
Ivrim {11:7} Deur die geloof het Noag, toe hy ‘n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en ‘n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is.
Waarna verwys die skrywer van Hebrëers met “geregtigheid wat volgens die geloof is”? Klaarblyklik, is dit die regverdige geloof, wat deur redding ontstaan, maar hoe is Noag dan gered? Uit die voorafgaande skrifgedeelte, is hy gered deur geloof – net soos ons gered word. Maar wat dan van Jesus (Yeshua). Ek het dan gedink daar is geen redding in enige ander naam, as in die naam van Jesus nie? Dit is waar, maar soos ons weet, is Jesus die vleesgeworde Woord. Ons weet ook dat die Woord in die begin was.
Yochanan (John) {1:1} In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. {1:14} En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
Dus, indien die Woord vóór die vleeswording bestaan het en Jesus die vleesgeworde Woord is, dan sou die heiliges van die Hebreeuse Skrifte (Tanach) gered moes word deur geloof in die voor-vleesgeworde Jesus. Hoe het Noag geweet van die komende vleeswoording? Op dieselfde wyse as wat Abel geweet het om diere te offer en Noag die verskil tussen rein en onreine diere geken het, wanneer dit by offerhandes kom; God het Hom geleer! In hul geloof, het hulle in God geglo en dus uitgesien na die kruis en die komende Messias (Mashiach), wat deur diereoffers voorafgegaan is.
Sommige mense probeer onderskei tussen God en die Messias, asof daar twee verskillende entitieite en twee verskillende wesens is. Die feit is egter dat dit één-en-dieselfde is. God is nie twee of drie nie, maar Een! Dus is Jesus of God of Hy is nie. Indien hy nie God is nie, dan is Hy ook nie die Messias nie. Redding kom nie deur ‘n menslike Messias nie – selfs al is hy uit ‘n maagd gebore. Die god, Tammuz, is volgens oorlewering ook uit ‘n maagd gebore en sou vermoedelik redding aan sy aanbidders gebied het, maar tyd, geskiedenis en argeologie het die onegtheid daarvan bewys,. Daarenteen, het niemand oor tweeduisend jaar heen nog ooit bewys dat Jesus se aansprake vals is nie. Die begrip dat die Messias inderdaad God is, is nie van Christelike oorsprong nie. Die profeet Jeremia het honderde jare vóór die geboorte van Jesus die Messias hieroor geprofeteer:
Yirmeyahu {23:5} Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land. In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.
In die oorspronklike Hebreeus verskyn albei kere wat die woorde “Die HERE” voorkom, in die viervoudige gebruik van die heilige woord Jahweh (Here) ” Yed Hey Vay Hey (YHWH) “. Hierdie onderskeiding in Hebreeus, verwys altyd na die Één Ware God en geen ander nie. Verder beteken die woord “loot” soos deur Jeremia gebruik, in Hebreeus “Tsamach”, ‘n Uitspruitsel” of “Loot”
Yeshayahu (Isaiah) {11:1} Maar daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra;
Hier verwys Jesaja ook na die Messias en gebruik die Hebreeuse woord “Netzer” (Loot), om Hom te beskrywe. Die naam Nasaréner is afgelei van die woord “Netzer”. Jesus was van Násaret (=lootstad / -dorp) en daarom is Hy ‘n Nasaréner (=loot) genoem.
Mattityahu (Matthew) {2:23} En hy het gaan woon in ‘n stad met die naam van Násaret, sodat vervul sou word wat deur die profete gespreek is, dat Hy Nasaréner genoem sou word.
Die profete het nooit gesê dat die Messias ‘n Nasaréner genoem sou word nie. Wat het Matthéüs dus bedoel toe hy gesê het Jesus sal ‘n Nasaréner genoem word??? Hy het bedoel dat hy “Die Loot” genoem sou word, aldus die profete, en dat Hy die “Goddelike Loot” is waarvan die profete gespreek het. Jesus die Messias is God in Vlees. Laat niemand julle andersins oortuig nie!!!
Enjoyed this Post? Subscribe to our RSS Feed, Follow us on Twitter, make a Comment or simply recommend us to friends and colleagues!

Bookmark

Write to us








